GESKIEDENIS VAN MODERNE MOTORS
Die besigheid het begin met TJ vd Merwe en HC vd Merwe in 1958 wat hulle ‘n sub agent was vir VW, Wartburgh en Borgwardt. Shell was die brandstof produk wat verkoop is by Struwigstraat 6 Warrenton. Shell het later verander na BP produk.
Vanaf 1958 tot in 1966 het die Tom v d Merwe EDMS BPK besigheid gedoen in Delwery, Trok Vervoer, Meubel verkope en Garage besighede. In 1964 is die Datsun agentskap gekry waar die vorige produkte gestop is, as gevolg van invoer probleme. In September 1966 is die volle agentskap vir Chrysler ontvang van Celmanca af.
In 1966 het Paul Andries v d Merwe Burger met Anna Susanne v d Merwe in die huwelik getree op 08 Oktober 1966. Vir die volle jaar van 1967 is daar net 4 Valiant Rebel motors verkoop aan Mnr Stephen Deetlefs,Mnr Corry Human, Mr Bouker en Mnr Dawid Erasmus.
Paul Andries v d Merwe Burger het in Februarie 1968 uit Standard Bank hoofkantoor in Johannesburg bedank en sy voete gevind in die dorp genaamd Warrenton, waar die besigheid onder die eienaarskap en bestuur was van skoonpa T J vd Merwe. Hier is hy werksaam gewees in Premier drankwinkel en gou besluit hy moet iets anders doen. Hy het toe oorgeskuif na die garage afdeling genaamd Moderne Motors.
In 1970 is daar is toe begin met paneelklop werk ook as ‘n byvoeging tot die Chrysler en Datsun agentskappe.
1970 / 1971 het Chrysler gebly te Struwig Str 6 en daar is toe besluit om Datsun ‘n nuwe huis te laat kry te Magrieta Prinsloo straat en nog ‘n Shell agentskap is bygevoeg onder die naam van Paulana Motors.